Japannese oorlogsmisdade

Chinese gevangenes word lewendig begrawe.

Japannese oorlogsmisdade het in talle Asiatiese en Pasifiese lande voorgekom in die tydperk van Japannese ryksuitbreiding, en hoofsaaklik gedurende die Tweede Sjinees-Japannese Oorlog en die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie voorvalle is ook al as die Asiatiese Holocaust beskryf[1] en Japannese oorlogsmisdade.[2][3][4] Sommige van die oorlogsmisdade is in die laat 19de eeu deur militêre personeel van die Keiser van Japan gepleeg, maar daar was ook gevalle gedurende die eerste deel van die Shōwa Era. Die naam is gegee vir die tydvak van Keiser Hirohito se heerskappy tot en met die oorgawe van die Ryk van Japan in 1945.

Sommige historici en regerings hou die Japannese gevegsmagte, naamlik die keiserlike Japannese leër, die keiserlike Japannese vloot en die Keiserlike Japannese familie, in besonder vir Hirohito verantwoordelik vir die moorde en ander misdade wat gepleeg is teen miljoene burgerlikes en krygsgevangenes.[5][6][7][8][9] Sommige Japannese soldate het hierdie misdade erken.[10] Die keiserlike Japannese leër lugdiens het met die Tweede Sjinees-Japannese Oorlog en die Tweede Wêreldoorlog deelgeneem aan chemiese en biologiese aanvalle op vyandelike stellings, asook die gebruik van die wapens in oorlogvoering wat, ingevolge internasionale ooreenkomste, die gebruik van "gif of giftige wapens" verbied.[11][12]

  1. Blumenthal, Ralph (7 Maart 1999). "The World: Revisiting World War II Atrocities; Comparing the Unspeakable to the Unthinkable". The New York Times. Besoek op 26 Julie 2008.
  2. "World | Scarred by history: The Rape of Nanking" (in Engels). BBC News. 13 Desember 1997. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Januarie 2010. Besoek op 21 Julie 2013.
  3. Sanger, David (22 Oktober 1992). "Japanese Edgy Over Emperor's Visit to China". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2008. Besoek op 26 Julie 2008.
  4. http://www.archives.gov/iwg/japanese-war-crimes/introductory-essays.pdf
  5. "Japanese War Criminals World War Two" (in Engels). The National Archives (U.K.). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2012.
  6. "Japanese War Crimes" (in Engels). The National Archives (U.S.). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020.
  7. "Pacific Theater Document Archive" (in Engels). War Crimes Studies Center, University of California, Berkeley. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2012.
  8. Kafala, Tarik (21 Oktober 2009). "What is a war crime?" (in Engels). BBC News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2019. Besoek op 15 April 2016.
  9. "Bibliography: War Crimes" (in Engels). Sigur Center for Asian Studies, George Washington University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2019.
  10. Tabuchi, Hiroko. "Japan's Abe: No Proof of WWII Sex Slaves". Washington Post. The Associated Press. Besoek op 1 Maart 2007.
  11. "'Japan bombed China with plague-fleas'". BBC News (in Engels). 25 Januarie 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2020.
  12. Tsuneishi Keiichi. "Unit 731 and the Japanese Imperial Army's Biological Warfare Program". Japan Focus (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search